WETENSKAP IN DIE BEGIN SC

R 1 025.00

14 in stock

Category: SKU: SB-WB

Description

Dr JAY WILE

NOTE:
The Helps and Hints in this set is in English, as the Afrikaans translation for the Helps and Hints has not yet taken place.

Wetenskap in die begin is die eerste boek in n praktiese, meervlakkige laerskoolwetenskapreeks wat die geskiedenis as riglyn gebruik om wetenskaplike konsepte bekend te stel. Die begin van die geskiedenis word gegee in die Bybel se skeppingsverslag en hierdie boek gebruik die skeppingsdae om n wye verskeidenheid van wetenskaplike konsepte bekend te stel, insluitend die aard van lig, energiebehoud, die eienskappe van lug en water, inleidende plantkunde, ons sonnestelsel, basiese dierkunde en sommige aspekte van menslike anatomie en fisiologie. Soos wat die leerlinge van hierdie wetenskaplike konsepte leer, word hulle deurentyd herinner aan die Skepper wat die wonders wat hulle bestudeer, gevorm het.

Vanwee? sy unieke ontwerp, kan hierdie kursus deur alle leerlinge van laerskoolouderdom gebruik word. Elke les bevat n interessante praktiese aktiwiteit wat help om die wetenskaplike konsep wat bespreek word, te illustreer. Verder sluit elke les af met n hersieningsoefening op drie verskillende vlakke. Leerlinge doen watter hersieningsoefening ook al op hul spesifieke begripsvlak is. Alles wat die ouer/onderwyser moet weet, is ingesluit in die meegaande Hulp en wenke-boek.

 

Wat mense oor Wetenskap in die begin se?:

Dr. Jay Wile het nog n wenner-handboek met die skepping as tema, geskryf. Die teks is geskryf op sy tipiese maklik volgbare geselstrant-manier wat leerlinge sal lei van die begin tot by die rus van die skeppingsweek. Dit sal n leemte vul vir tuisonderriggesinne met leerlinge van verskeie laerskoolouderdomme, omdat leerlinge saam deur hierdie teks kan werk. Dit het eenvoudige, voor-die-hand-liggende eksperimente wat gladweg met die leerproses aaneenskakel. Ek het gedeeltes absoluut briljant, insigryk en prikkelend gevind. Hierdie kursus sal bekoorlik en prettig wees vir alle laerskoolleerlinge.
Dr. Scott Carr, tuisonderrig-pa en professor in chemie en fisika

Additional information

Weight 1.021 kg
Item Code

6699

Publisher

Oikos

Supplier

OIKOS FAMILY MINISTERIES

Cover

Soft

Original Category

AFRIKAANS

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “WETENSKAP IN DIE BEGIN SC”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post comment