Good Neighbours Bookshop

Augustine Bookroom

R 35.00

3 in stock

BEN BRON

Voorwoord

Ek het hierdie versameling essays laat een Saterdagaand begin

skryf. Hierdie is eerstens my reaksie, uit my studie van die Skrif,

op my eie gebreke en tekortkominge. Die Covid-19 gebeurtenis

het op verskeie vlakke ‘n baie ingrypende impak op my lewe

gehad. Nie net my lewe nie, maar ook my vrou en my kinders

se lewens. Ek en my vrou het baie van ons werk verloor, en

saam met dit inkomste. Dringende operasies wat sou gebeur

kan nie gebeur nie. Ons is in isolasie – ons kan nie met ons

familie en vriende kuier nie.

Ons kan nie kerk toe gaan nie. Kinders kan nie skool toe gaan

nie.

Die lys is lank – om die impak van Covid-19 op ons lewens te

beskryf sal ‘n boek op sy eie vereis.

Ons gesin, ‘n Christelike gesin, moet deur dit alles…. van dit alles

sin maak.

Die prent wat daarbuite geskets word is deurgaans duister.

Mense lewe in vrees. Die moontlike verlies van fisiese, fisieke

en finansiële sekuriteit dryf meeste van die gesprekke wat

gevoer word.

En die Christelike getuienis en begronding is bitter skaars en stil.

Dit was in my lewe ook stil. Met die Here se genade het sy stem

al harder in my lewe begin spreek.

Die essays wat volg is presies dit: essays. Kort persoonlike

oordenkings van waarmee God deur Covid-19 in die wêreld

besig is. En van dit waarmee God deur sy genade in my hart

besig is en was.

Ek is ‘n Christen. En ek is oortuig dat die Christelike lewe slegs

in die konteks van die kerk kan gebeur. Die kerk is dus die basis

waarop ek skilder.

Ek hoop dat die afgelope vyf weke se arbeid vir jou, my leser,

betekenisvol is. En dat dit tot die eer van God, ook in jou lewe,

sal dien.

Additional information

Weight 0.25 kg
Item Code

7654

Publisher

ARJ Books

Supplier

ACROTEQ BOOKS

Cover

Hard

Original Category

AFRIKAANS

ISBN 7654